Huisgenoot, 23 January 2014

Huisgenoot 1.4 23 January 2014

UPDATE:

Huisgenoot 1.5 30 January 2014

Huisgenoot has published a follow-up article and front page story, with another man (Kobus*, 66) coming forward to say that he was molested by Solly Ozrovech when he was 12/13. Kobus did confront Solly about this 13 years ago, but Solly’s reply was yet again shameful. You can read more about this in my new post about this week’s Huisgenoot.

 

 

 

 

Huisgenoot 1.8 20 February 2014

 

In the latest issue of Huisgenoot (20 February) we won’t know the two gentleman as Johan* and Kobus* anymore, but rather Naas van Zyl and Willy Harvie, as they have decided to come forward and show their faces to support their stories. You can read more, and see them, right here.

 

 

Straight into 2014, Huisgenoot has published a cover and story that will make massive waves all over South Africa, and it will be the talking point around many water coolers, for many more weeks…! They received claims from a gentleman saying that he was sodomised  by Solly Ozrovech (popular Christian books author and pastor, 85) as a young boy while he was in an orphonage that Solly and his wife was part of…

Screen shot 2014-01-17 at 9.49.33 AM

I’ve already read claims on Social Media of Solly-fans standing behind him, and saying the claims are false and that they are dissapointed in Huisgenoot for a number of reasons (just read the thread of comments…). No one seems to have actually read the article (and the letters that were sent between them), because if they did, they would know that the person claiming this, didn’t run to Huisgenoot immediately, but that there’s a history to these claims…

Screen shot 2014-01-17 at 9.49.53 AM

Johan (false name, and now in his 60’s and living abroad) contacted Solly in September 2013 directly via e-mail after keeping it silent for so many years. When reading the thread of e-mails and correspondence in Huisgenoot, I could really feel Johan’s pain, and every person can read between the lines in Solly’s responses. There is no way that Huisgenoot would run with a story like this, without crossing all their t’s and dotting their i’s.

Screen shot 2014-01-17 at 9.50.01 AM

To me, this isn’t just a story that Huisgenoot is publishing to look for sensation or copy sales, but a story with a much bigger importance… if the claims are true, then it’s important to be known, and for all the possible victims to get the opportunity to get closure. You’ll notice at the end of the article that Huisgenoot has published an e-mail address hgnbrief@huisgenoot.com (something the seldolmly do), and I think part of the reason is because they’re expecting others to also come forward after reading Johan’s letters and side of the story… And of course 100’s if not 1 000’s of letters of angry readers and Solly-fans…

This from the editor’s letter;

Screen shot 2014-01-17 at 10.09.11 AM

You can buy the digital version of this issue of Huisgenoot right here. (Images of article included for illustrative purposes, and small enough not to be able to read the article without buying it)

UPDATE:

Rapport_2014-1-26-1

Rapport_2014-1-26-4

It seems like Rapport decided to wait until there was more ‘evidence’ and/or ‘claims’ against Solly Ozrovech, before they would publish anything. The reason why I say this, is because the Sunday after the 1st Huisgenoot cover story appeared, there was no mention at all in the newspaper about the claims.

Only after the 2nd issue of Huisgenoot appeared, did they do a story about it. They did an exclusive interview with one of Solly’s sons, and I must say it’s also quite a sad and emotional read, as you just once again realize how many people are affected by such claims (true or false). You can read the full Rapport interview and article with his son Francois Ozrovech right here. In the article he also refers to Huisgenoot (Solly is apparently not allowed to ever talk to Huisgenoot again)…

“Sestig jaar lank bly hierdie beweerders doodstil. Om my pa nóú – onder skuilname – na sy graf te jaag? En hulle probeer om hom só, in ’n týdskrif, aan die kaak stel?

“Huisgenoot en YOU het as’t ware my ouers voorgelê en oorrompel, sonder enige respek vir hul bejaardheid.

In ’n oënskynlike hinderlaag op ’n Vrydagmiddag vier-uur is twee mense van onderskeidelik 82 en 87, wat ooglopend nie meer gesond is of vlug van geheue nie, gekonfronteer met aantygings van kriminele gedrag.

“Dit terwyl nóg die klaers nóg my pa bewyse van skuld of onskuld kan aanvoer.

“My ouers was so naïef, hulle’t gedink Huisgenoot gaan die storie los nadat hy gesê het hy’s onskuldig. My geskokte pa het nie heeltemal besef wat aan die gang is nie.

“Toe ek die tydskrif in my hand hou, was dit onwerklik, asof hulle van iemand praat wat ons glad nie ken nie. Een van die kleinkinders het dit gelees en opgestaan en gesê: ‘Nee wat, dis nie my oupa van wie hulle hier praat nie.’

Rapport also spoke to Kobus* who was the 2nd person to talk to Huisgenoot about these claims against Solly. You can read his Rapport interview and article right here, where he talks more about the negative criticism they’ve received (by reading comments), and also how he’s willing to ‘show his face’ if Solly is willing to apologize.

Huisgenoot

105 thoughts on “Huisgenoot, 23 January 2014

  1. Pingback: Huisgenoot, 20 February 2014 | MediaSlut

  2. Almal van julle wat se julle koop nie Huisgenoot….more gaan julle so nuuskierig wees want Kobus(Willy) en Johan(Naas) wys hul gesigte en name.Terloops,Kobus is my man en glo my,hierdie was nie maklik vir hom.Ek dink my man is baie dapper.Die van julle wat vir hom en Kobus wil stenig,doen dit maar.Hulle ken die waarheid en so ook baie van die ander wat nog na vore gaan kom.Alles gaan ook nie net doodloop,daar kom nag baie nuus,veral in Huisgenoot.Huisgenoot het die hele saak baie sensitief hanteer en ek kan met lof van hul getuig.Koop die Huisgenoot more of Maandag,waneer dit ookal beskikbaar is in jou dorp en lees self.

  3. Ek was erg geskok toe ek die aanvanklike verslae hoor oor oom Solly. Ek het as kind elke jaar ‘n nuwe boek gekry wat deur hom geskryf het en dit het regtig baie vir my beteken. Hierdie mense wat nou na 50 jaar uitkom met “molestering” stories is vir my belaglik. Hoekom nou? Hy het hierdie mense ingeneem toe hulle nerens anders gehad het om te gaan nie. Nou dat hulle ouer is en die arme oom nader aan die einde van sy lewe staan maak hulle hierdie aantuigings. Belaglik en van huisgenoot om dit te publiseer is niks meer meer as goedkoop sensasie en ‘n manier om tydskrifte te verkoop.

      • Annamarie, ek sê STEEDS wat ek vantevore gesê het, naamlik dat SELFS al het daar nou ‘n derde potensiële slagoffer uitgedop, is hulle getuienis en diè van Ozvorech in geen hof getoets nie en is al hierdie bewerings, tot die dag wat ‘n hof Ozvorech skuldig bevind het, net blote gissings. Is dit nou regtig SO moeilik om te verstaan?

  4. Niemand kan sê hy was te besig met sy werk en het nie tyd gekry daarvoor nie. Hierdie dade, as dit waar is, is in die nag gepleeg. Mense moet ook ophou om Huisgenoot sleg te maak. Hulle moet mense ingelig hou oor wat aangaan, en die hoogste bome vang die meeste wind.

  5. Hoekom kan almal wat betrokke is nie leuenverklikkertoetse ondergaan om uit te vind wat die waarheid is nie? As Solly skuldig is, moet hy gestraf word soos wat almal wat verkeerd doen en gevang word, gestraf word. Hulle sal seker nie so ‘n ou man in die tronk sit nie, maar hoekom moet hy skotvry kom as hy skuldig is en mense se lewens verwoes het? Laat hy sy slagoffers geldelik vergoed al sal dit nie hul pyn verlig nie, sal dit hulle in ‘n mate help. En waarom moet hy sy oudag in weelde deurbring? Weelde wat hy bekom het deur al sy boeke waarvan ek ook ‘n klomp op my boekrak het. Corné

    • As dit als waar is- dan hoekom so lank wag? Ek glo beslis nie Solly is skuldig nie. Al dop daa meer getuies uit! Iewers slaap n vrot haas! Ek sal dit slegs glo as Solly dit self erken!

  6. Pingback: Solly Ozrovech se boeke van CUM se rakke verwyder | Books LIVE

  7. Dit wil voorkom of Kobus en Johan van mekaar weet en moontlik hier n poging aanwend om n geldjie uit oom Solly te maak voordat hy die tydelike woning verlaat. Oom Solly se kop is nie meer skoon en vinnig denkend nie en dit sit hom in n posisie om homself nie meer te verdedig nie.Ek is van mening dat ons nooit sal weet wie is moffie Kobussie en Johantjie nie, wat die algemene publiek sal baie vinnig hulle geraamtes uit die kaste krap en dan is hulle,hul familie en die kinders se lewens ook verwoes.EN SAL HUISGENOOT NIE DAARVAN HOU NIE.Moontlik was hulle doerdie tyd reeds twee maatjies wat bok bok staan styf gespeel het

    • Dit is vir my baie hartseer om die storie te lees! Nie een van ons weet regtig wat die waarheid is nie!! Kom ons gestel vir n oomblik dat Kobus en Johan die waarheid praat!! Dan is my vraag aan hulle, hoekom oom Solly se naam publiek maak, maar jou eie naam weg steek!!! Hoekom nou na al die jare met die storie na voor kom?? Is julle lewe so muslik dat julle soveel jaar met die ding moes loop!!! Dis as dit waar is. Wat is dit wat julle nou uit die hele storie wil he? Gaan dit regtig genoeg wees vir julle as oom Solly skuld erken en vergifnis vra? Is dit regtig hoe julle te werk wil gaan om julle lewe en wonde te herstel?? Soos ek se as dit regtig gebeur het!!! Ek wonder regtig wat julle motief agter alles is??? Miskien wil julle ander mense se lewe omkrap, want julle lewe is n gemors! Julle wil dalk he mense moet julle jammer kry. Ek weet nie…. Maar een ding is seker net julle sal ooit weet wat die waarheid is en dit is julle gewete wat julle sal ry as julle dit alles opmaak!!!!

      • Hier is ‘n paar lesse uit die Solly Ozvorech-storie te leer:

        Eerstens, die Huisgenoot teer op sensasie, waar of vals; sensasie teen elke prys.

        Tweedens, Solly Ozvorech is deur geen hof skuldig bevind nie, dus onskuldig tot die teendeel bewys is. (En soos ek tevore gesê het, dit kom van iemand wat nog nooit die man se boeke gelees het nie en ook nie wil lees nie en van iemand wat geen tyd vir die NG Kerk en hul trawante het nie.)

        Derdens, hierdie hele storie illustreer hoe gewetenloos mense kan optree, want geen mens met ‘n halwe verstand en gewete, sal hierdie tipe stories versprei as daar slegs die geringste kans is dat dit onwaar kan wees nie.

        Persvryheid? Se moer. Ek hoop die Ozvorechs en hul regsverteenwoordigers – as hulle het – RY Huisgenoot en You tot by oom Daantjie in die kalwerhok.

    • Ek stem saam met wat jy se. Sies Huisgenoot, hoe kan julle so iets publiseer. Hoekom wag hulle 60 jaar voor hul iets se. Nee wat hulle lieg, en om anoniem te bly is nog meer bewys dat hulle, di 2 mans, lieg. En huisgenoot, om sommer so iets te publiseer, julle kan tog dink dis twak,ek is baie teleurgesteld in Huisgenoot!

    • Hoekom gaan die klaer eers sy gesig wees as Solly se hy’s jammer? Is die klaer nie meer so seker oor sy storie nie? Hoekom nie sommer nou sy gesig wys nie?

    • Terwyl jy so te kere gaan oor die anonieme klaers hoekom is jy anoniem? Jy praat hier van twee getroude mense (met vrouens ‘by the way’ ) en kleinkinders. Wees ‘n man en gee jou naam want jy kan gedagvaar word vir laster

    • Is jy bereid om te bewys dat Kobus en Johan(Willy Harvie en Naas van Zyl)moffies is.Ons het reeds begin om almal te ontmasker met hierdie lasterlike bewerings.So jy is volgende!!!

  8. Kan iemand vir my se waar in die bybel dit staan dat Solly die Christus is en sonder sonde gebore is. Want as dit die geval is aanbid ek die verkeerde Jesus. Solly is net n spreekbuis. Geinspireer deur God. Of dalk net sy eie opmerkings. Wie weet. Punt is, moenie dat jy struikel in jou geloof oor die weë van n mens nie. Geen een mens is perfek en sonder sonde. Ons het dit al sovele maal beleef in die kerk. Swaggart ens. The bigger they are the harder hey fall. Die hoogste bome kry ook die meeste wind. Ek gaan beslis nie judge nie want ek soek nie daai judgement op my nie. Soos Solly se. God sal hom oordeel. In hind sight, het ons ook al gesien hoe elke tweede Jan Rap en sy maat na vore kom met soortgelyke aantuigings om sy twee minute van sensasie te soek.

    • Ek is moeg van mense wat klippe gooi. Dawid was ;n man na God se hart en hy het moord en egbreek gepleeg.. God het hom vergeef. Julle sou hom seker wou stenig asof julle sonder sonde is!!! Solly se voor God dat hy onskuldig is maar julle wil hom kruisig. Julle sonde is net so groot en nog meer. Wat gaan julle vir die Groot Regter se? Ons is sonder sonde en daarom kan ons klippe gooi!!
      God sal se JOU DWAAS., hoe kan Ek jou vergeef?

  9. Ek weet nie of Solly Ozrovech skuldig is, of nie. Net hy- en sy moontlike slagoffers weet wat die waarheid is. Ek het nog nooit Solly Ozrovech se boeke gelees nie en het ook geen begeerte om dit te doen nie. Ek doen ook nie NG Kerk nie, want ‘n jakkals verander nimmer van snaar. Wat ek egter wel weet, is die feit dat Huisgenoot en You Magazine weer eens bewys het dat hulle vir die stupid middelklas- tot laeklas Afrikaner en Engelssprekende persoon cater, want geen mens – spesifiek redakteur – met ‘n greintjie integriteit, sal val vir trial-by-media, soos nou met ds Ozrovech gebeur het nie. Jirre, dit is beyond laag. Hoe kan jy dit sonder klinkklare bewys aan enigiemand doen? Sê nou die twee klaers lieg? En waarom hulle name geheim hou? En die redakteur sê dat die artikels vir haar net so traumaties was as vir diegene wat dit lees? Ag, nonsens. Sy het nie ‘n flying fuck omgegee vir enigiets behalwe sirkulasie-syfers en om ‘n sensasionele storie op te dis aan haar common lesers nie. Ek meen, ‘n tydskrif wat week na week stories opdis oor TROUES, waar al die bruide in elk geval dieselfde lyk en elke troue ‘n studie in oordaad is, wat kan jy van so ‘n tydskrif verwag? Ek sien ek en die ou girl het dieselfde van – Loubser. Hemel, ek skaam my. Ek wil hierdie mense net daaraan herinner dat dit wat jy aan ander doen, in dubbele maat na jou sal terugkom. Dit geld ook vir ds Ozrovech, as hy wel skuldig is en in dieselfde maat vir Kobus en Johan as hulle gelieg het. Karma is ‘n aaklige bitch.

  10. Ek voel baie jammer vir Johan maar ook vir ds Solly want meeste mense wat gemolesteer was molesteer later self ander mense Alleen opregte skuld belydenis kan mens verlos van al hierdie hartseer Maak nie saak wat mens verkeerd gedoen het nie, die waarheid dwing respek af en verlos mens van hierdie ontsettende skuldlas Ek hoop die Here gee Solly krag sodat hy ook verlos kan raak van sy eie skuldlas

  11. Een van die skrywers hierbo bevraagteken “hoekom die wereld moet weet”. Want mense wat kinders het MOET weet waarteen om hulle te beskerm, Indien die bewerings waar is beteken dit dat selfs in uiterste vertroue moet ouers en voogde steeds bedag wees. Ek is nie ‘n Christen nie maar ek wens ten diepste daar is ‘n goeie verduideliking soos “mistaken identity”. Soveel duisende het vrede en moed gekry van die Omie se boeke. Vir die hopelose NG kerk het ek geen jammerte nie – die sal die laaste spyker in die doodskis wees.

  12. Pingback: Popular South African Dutch Reformed Minister and Author Ds Solly Ozrovech Accused of Child Molestation | Fr Stephen Smuts

  13. I just want to make this comment: If, at the age of 60, you cannot get closure through therapy or through spiritual practices, having the truth made known will not bring closure. That, to me, smacks or retribution. What about the 1000’s of victims that have been molested by unknown people or even other well known people who never get to tell their stories. How is “The Truth” about Solly Osrovech’s guilt going to change what happened? How is “the truth” going to heal that particular individual.
    Healing only comes from the inside, when you are able to set down that rock in your heart. Look at it, know that it came from you but that it was not because of you and do your utmost to move on. Destroying an old man is not going to bring you that healing that you crave – even if it is true. I know. I speak from experience. What has happened to me has hurt me. It left huge scars. But I know that the scars are my badge of honour. I survived. I lived through it. I overcame it. It made me a better person. My hurt is not related to Oom Solly. It is also not related to someone I did not know. That person was known to me and life continues for him as if nothing happened. But I am happy, because I know that even though what happened was hurtful, it was not my fault. It happened also to my body and not to ME… the core spiritual being I am. It didn’t change my spirit. I am still me. As to whether Oom Solly is guilty or not…. I don’t want to be the judge of that. It is not my place. What I do know is that I am very sensitive to people with a dark side to their personality and who would be inclined to do things like this and having met the man…. There is not darkness in this man. I believe the man you see in his body of work is who he professes to be. It is impossible for someone who is not spiritually pure to write spiritual work and be able to touch millions of lives on a spiritual level.

    I am not saying “Get over it”. BUT I am saying, getting revenge is not necessarily the same as getting closure. Closure comes with healing. Healing comes from within. It takes time and effort but it will come if you are able to forgive. Forgiveness is not for the sake of the person who has wronged you but for your own sake. As long as you are unforgiving, you are tied to the person who has wronged you with a spiritual “string” that grows stronger and more destructive or less and less significant depending on your own input. This is not CHRISTIAN law but SPIRITUAL LAW… What you put out into the Universe comes back to you threefold. This is a warning as well as a source of comfort. Don’t do unto others that you don’t want done to yourself. It will come back to you BUT also, if someone has wronged you, they will receive their just deserve. God / the Universe will deal with them in accordance to what they have done. It is not for us to decide.

  14. Dis jammer dat mense te vining oordeel en sekere sondes katogoriseer as groot en klein sondes terwyl hulle skinder , geveinsdheid (wat erg deur Jesus veroordeel word in Mat 23), vuiltaal uit die mond , leuens, ens wat verhoudings verbreek en nie altyd met die blote oog gesien word nie – onder die mat invee. Daarby sê ek nie dis reg indien dit wat gebeur het waar is nie maar pasop as ons in glas huise bly om met klippe te gooi.

  15. Abusing children is unforgiveable, in any sane and just society. Whether the perpetrator professes to be a man of God or not, is beside the point. It is simply unforgiveable. Perpetrators should be brought to justice, no matter their age or religious persuasion.

  16. Ek wil net se dat ek ook ‘n christen is, ek glo in God en ek is lief vir Hom. Ek weet ook ek sal eendag by Hom wees in die hemel. Dis vir my baie teleurstellend hoe party christene alewig Bybelversie gevegte hou en dit gebruik en verdraai om die omstandighede te pas. Dit maak my ook ongelukkig hoe hierdie mense dan die beeld van hoe “alle christene” is uitdra. Volgens die replies van Oom Solly wil dit voorkom of hy skuldig is, maar ek sal nie weet nie. As hy ook wel skuldig is, dink ek dis bitterlik onregverdig om te se dis hoe christene is en om sodoende weer alle christene te stereotipeer. Onthou net, Oom Solly is ‘n mens soos ek en jy, niks meer en niks minder. Ek dink ons moet ons eerder ophou met hoe ons besig is om God se wonderlike skepping te verwoes as om oor ander se lewens sensasie te maak.

  17. Pingback: Huisgenoot, 30 January 2014 | MediaSlut

    • Sien vandag dat nog ‘n persoon beweer hy was een van Solly se katel knape..

      Jammer dat die NG kerk op hierdie wyse nog n knou moet kry.

      Jammer vir die ou kêrel, maar wat jy “saai sal jy maai” gaan nou n werklikheid word.

  18. Ek dink Solly is gemolisteer as kinderhuiskind en het die tradisie net voortgesit. …. abuser abusing another ….. ek kry hom eintlik jammer…. hy het nooit in sy epos gese ” waarvan praat jy … jy praat mos nou nonsens …. ek het jou nooit gesodomiseer nie …. hy praat vaag en is defenitief skuldig!!!! Jammer ou omie … maar jy is uitgevang en ek hoop die hele saak loop op ‘n hofsaak uit en dat die ander seuns betrokke ook uit die “Sak” klim en teen jou getuig … hopelik sal Johan dan sy saak teen jou kan bewys!!!!!!!

  19. As die storie waar is, sal dit my vertroue in Christenleiers totaal en al vir ewig verbreek. n Ware Christen mag nooit sulke dade pleeg nie – dit is geheel en al teen die grein van die Christelike karakter, wat deur die Heilige Gees beheer word. Ek kan dit eenvoudig nie glo nie, veral nie van iemand soos Solly Ozrovech nie. Daar moet ‘n ander verklaring wees vir hierdie onsin. Mag die waarheid seëvier.
    Ek bid daarvoor. Laat ons nie oordeel voor ons weet wat die waarheid is nie.

    • Liewe Elzabeth

      Ek wil aanneem dat jy die bybel lees. Kyk na die talle sekuele misdrywe van godsmanne God skryf hulle nie af nie. Daarom se David Here moet my tog nie laatval in die hande van mense nie straf u my liewer. Ons moet ons oe vestig op Jesus wat nie gesondig het nie.

      50jaar gelede dit kan ‘n wroeging wees kom ons bid vir genade vir oupa Solly en almal wat diepgeraak word deur hierdie bewerings.

      Groete

      • Cedric , ek stem volkome met jou saam …..maar dis mense wat nie hulle bybels ken nie …..wat hierdie dinge nie weet nie …ek wilnet byvoeg ,dat dit nie se oom Solly is noodwendig skuldig nie , die ouens /vrouens hieronder veroordeel en beskuldig net eenvoudig ,net hulle twee en God sal weet wat gebeur het

      • Hi Cedric, Ek lees vir seker my Bybel en is diep bewus van God se liefde en genade vir die sondaar, maar wat my verbaas is dat mense se reaksie oor die algemeen is dat ons nie ‘n vinger moet wys nie, so asof so ‘n daad nie so erg is nie. En daarby sê ek nie dat Oom Solly skuldig is nie. Ek glo dat ons as wedergebore Christene opreg moet wandel volgens God se Woord. Ek kan nie die daad vereenselwig met iemand wat blyk so na aan God te leef nie, daarom vind ek dit moeilik om te glo. Sê die skrif dan nie dat elkeen wat n kindjie laat struikel beter af sal wees as n meulsteen om sy nek gehang word en hy in die diepste see wegsink nie? Ek glo dat hierdie ‘n afskuwelike daad is in die Here se oë en dat ons as Christene moet waak daarteen om net alles oor te sien. Daarom sal ek geskok wees as dit waar is, want ek kan nie die 2 bymekaar bring nie, so ek hoop van harte dis nie die waarheid nie en ek bid vir Oom Solly, ja.

      • Cedric, Jammer maar godsmanne het nie kinders gemolesteer in die Bybel nie – miskien lees ek dan verkeerd!!!. Jy kan mos nie dit wat David met Batsheba gedoen het vergelyk met dit wat ‘n oom aan ‘n 10jarige kind gedoen het nie. Almal bid vir Solly en simpatie vir hom – weet jy wat? Dit het nie net Johan se lewe verwoes nie maar Johan se vrou, sy kinders die lys is eindloos se lewens verander en beinvloed – ek weet want ek weet wat dit aan jou huwelik doen as jou man gemolesteer was – my man wou na 35jaar die persoon aanvat maar hy is toe oorlede en het nooit die geleentheid gekry nie. Ek is naar vir die Christene wat links en regs Johan uitmaak as die “skuldige party” wat is fout met julle????? As Solly nie so groot “godsman” was nie net ‘n gewone mens wat na kinders gekyk het sou dit julle opinie verander het?. Verstaan julle nie waardeer Johan moes gaan nie – sy “skaapwagter” was toe “die wolf” – nie net moes hy dinge oorkom het as 10jarige wat gemolesteer is nie. Die persoon wat God in sy lewe teenwoordig het – het hom skade aangedoen wat vir altyd sy verhouding met God beinvloed het. Dit is hoekom hy nooit ooit oor dit kon kom nie – sy verhouding met God – deur iemand wat Johan gedink het God se teenwoordiger was het die mees afskuwelikste daad met hom gepleeg – het soveel skade gely!!! Johan ek hoop jy kan dit lees – EK GLO JOU – gaan google “HOPE OF SURVIVORS” en dankie dat jy die moed gehad het om dit openbaar te maak – jy gee soveel ander die moed om dieselfde te doen en glo my meer gaan uitkom!!! Huisgenoot 10/10 dat julle die “donker geheime” van die “kerke, instansies en kerkleiers” ontbloot – is tyd!

    • Hoekom wag hy 50 jaar om dit te openbaar. Ek glo die werk wat Solly doen is in die lig en sou hom so geknaag het en dat die Heilige Gees hom lankal sou aanklae en hy al baie lank nie meer in die lig sou kon wandel nie. Ek glo in die laaste tyd sal die onskuldiges skuldig wees en ek wil net vir Sollie se; “No weapon that forms against you will prosper” Baie Mense gee hulle Harte vir Abba Vader en dan verwag die mense dat hulle nou super Mense moet wees wat nooit foute maak nie, die kleinste foutjie en hulle se; ja kyk daar die Christen. Haal eers die balk uit jou eie oe voor jy die splinter in iemand se oe sien. Ek bid vir jou Johan en vir Solly dat die dinge wat in die duister is, aan die lig kom. X

    • Die Woord leer ons om nie op prinse te vertrou nie So niemand se geloof behoort geraak te word deur dit wat feilbare mense doen nie. Let liewers op jouself en hou jou oe gevestig op Jesus

  20. JOHANNES 8 VERS 7 :se JESUS ;Laat die een van julle wat sonder sonde is , die eerste klip op haar gooi .(owerspelige vrou wat deur die fariseers beskuldig was ),wiegee ons die reg om enige van die twee (oom Solly of “Johan te oordeel ),elkeen doen sonde , hoe groot of hoe klein ookal

  21. Tipies joernalis – die “wereld moet daarvan weet.” En dan, as hulle nou weet? Hoeveel mense is afgebreek in die proses? Nee wat, hierdie is ‘n saak tusen die klaer en aangeklaagde en die Here – hulle is alreeds in kommunikasie.
    Gaan Huisgenoot vir hulle die saak oplos? Ek dink nie so nie, hulle sit en wag vir verdere verwikkelinge, meer geraamtes in die kas, ‘n opvolg storie, nog meer sensasie, nog beter verkoopsyfers.
    Gelukkig laat ek nie hierdie tipe van snert tydskrifte in my huis toe nie. Huisgenoot was ‘n gesinstydskrif baaaaie jare gelede; ongelukkig laaankal nie meer nie.
    Weg, Wegsleep, Wegry is baie oulike tydskrifte – koop hulle liewer – jy sal nooit afbrekende stories kry nie.

    • Ek stem saam met Koos dat Huisgenoot jaaaare gegede ‘n gesinstydskrif was. My ouers het vir jare ingeteken en dit was wonderlik om elke week die tydskrif te kry – ook Die Kleinspan wat daarmee saamgegaan het. Maar jammer, deesdae het Huisgenoot ook maar net ‘n sensasiesoekend ding geword.

  22. Lekker Huisgenoot!!, julle verkoopsyfers het seker die hoogte in geskiet na hierdie plasing. Ek moet erken, die voorbladfoto het my oog gevang maar soos altyd, het ek dit weer nie gekoop nie – gelukkig koop ek nie die tipe van snert, skinder tydskrifte nie, ek verkies veel eerder Weg, Wegsleep, Wegry of natuur fotografie tydskrifte, dis baie meer opbouend.
    Wat oom Solly gedoen of nie gedoen het nie, is ‘n saak tussen hom, die klaer en die Here (en ‘n sielkundige) en dit het niks met ‘n tydskrif wie se enigste motivering is om soveel as moontlik sensasie te skep om sodoende verkoopsyfers te verhoog, en met mense se koppe te smokkel, nie. Ek wonder of die klaer darem ‘n geldjie van Huisgenoot kry?

    As ek ‘n tydskrifwinkel besit het, het ek definitief Huisgenoot verbied – hierdie tipe van tydskrifte is baie sleg vir ‘n land se moraal.

    Ek het met die Huisgenoot grootgeword baaaaie jare gelede toe dit nog ‘n gesinstydskrif was.
    Maar ongelukkig het die karakter daarvan heeeeeltemal verander en lees ek nie meer die snert nie. Ek is verbaas dat daar nog soveel mense is wat enigsens belangstel in afbrekende stories soos wat in die Huisgenoot opgedis word.
    Ag nee asseblief, daar is tog soveel positiewe dinge om oor te skryf, of is dit hoe julle verkoopsyfers wil opstoot met julle walglike stories? Sies.

    Oom Solly was ‘n inspirasie vir duisende mense in S.A. – baie dankie daarvoor, ons waardeer dit opreg.

    • Koos……. Jy is verdwaal my vriend!!!! Dit is werklik sies!!!! MAAR dit gebeur werklik met mense. WERKLIK. Kinders kom werklik hierdie “sies” oor en dwase soos jy verkies om dit te ignoreer en derduisende kinders se lewens word daagliks verwoes. DIe lewe bestaan NIE net uit die POSITIEWE nie. Hierdie is realiteit. JY het nie ‘n benul nie!

      • Nee wat, ek dink JY is verdwaal. Daar bestaan kanale om klagtes te le. Ek dink nie ‘n welsynswerker/werkster gaan so iets aan die groot klok hang nie, hulle is eties verbind, net soos ‘n dokter eties verbind is met ‘n pasient, om dit nie aan die groot klok te hang nie. Ek se nie wat gebeur het of nie gebeur het, is waar of onwaar nie, ek weet nie, ek was nie daar nie. Is die persoon skuldig bevind? Indien wel deur wie? Die Huisgenoot? Asseblief! Het die klaer ‘n klomp geld van Huisgenoot ontvang? Ek het dit nooit op Tv nuus gesien nie, miskien is dit waar, miskien nie. Hoekom bel jy nie die welsynswerker wat betrokke is en hoor of dit waar is nie? Of dalk die polisie, hoor of daar so ‘n klag gele is. Dan se jy vir hulle jy is een van daai nuuskierige persone wat baie graag die Huisgenoot lees en alles glo wat daar geskryf staan. En indien wel, was daar ‘n hofuitspraak wat die persoon skuldig bevind het?
        Maar nouja, daar is maar mense wat floreer op hierdie tipe snert, en ek se weer snert, totdat ek verkeerd bewys word deur ‘n hofuitspraak, nie die Huisgenoot nie.
        Wat gaan jy doen as iemand uit die bloute by die Huisgenoot gaan aanklop en so tipe klag teen jou le? Ek ken jou nie, dit kan mos waar wees? Of dit waar of onwaar is, maak nie saak nie, dis mos maklik vir die Huisgenoot om mense op te sweep om die slegste van mense te dink. Nee wat, ek stem nie saam nie, as daar so ‘n klag by die polisie gele is sal die waarheid mos uitkom in ‘n hofsaak. Bere jou vooroordele tot dan en hou gerus hierdie forum op hoogte van die hofuitspraak, mense sal graag wil weet wat die waarheid is, ek sal dit sekerlik ook in die ander media kan sien. Maar moenie van my verwag om snert wat in die Huisgenoot gepubliseer word te glo nie. Soos wat ek reeds gese het, dit was ‘n gesinstydskrif jaaaaare gelede. Die het nou verander in ‘n sensasie tydskryf, want met sensasie vang hulle baie mense om dit te koop en maak miljoene in die proses. Dis mos hoe joernalistiek werk, jy soek lesers. Iemand wat seerkry in die proses is mos bysaak.

      • Koos ek kan nie meer met jou saamstem nie ……jy is heeltemal reg , mens is onskuldig tot jy skuldig bewys word ……hierdie onheilige tydskrifte soek net verkope , en nou trek hulle n arme weerlose ou man deur die modder sonder bewyse , vat hom hof toe en bewys hom skuldig daar , nie in hierdie vuil sensasie soek tydskrifte nie , AMEN vir jou Koos

    • Ek weet nie mooi wat om te sê nie; ek praat as iemand wat self as ‘n jong seun gemolesteer was. As nege jarige seun word jy gepenetreer deur ‘n volwasse man wat by jou in die bed inkruip – wat kan jy daaromtrent doen? Ek was so skaam, verboureerd en verwilderd, dat ek niemand kon vertel / of wou vertel nie. Hierdie man was ‘n vriend van my familie; my huislike omstandighede was baie sleg – ouers het baie gedrink. Eers jare later het ek dit aan my huisdokter vertel wat my na ‘n sielkundige verwys het. Sy het my gehelp om dit anders te hanteer. Ek kan nie glo dat twee volwasse mans sulke stories uit hul duim sal suig nie – natuurlik wil jy nie jou naam bekend maak nie – wie wil vertel dat hy deur ‘n ander man verkrag is, al is dit waar. Onthou jy is mos ‘n man wat jouself moet verdedig – jy moet dinge soos ‘n man kan vat!

      Waarom sal twee mans soveel jare later geld uit hierdie storie wil maak – dit is pure bog. En nou word aan ons voorgehou hoe versukkeld en oud die skrywerspredikant is – dit is jammer dat hierdie stories so laat in sy lewe uitkom. Ek verstaan heeltemal dat hierdie mense dit dalk nie die moed gehad het om dit te vertel nie. Sal jy daarvan hou dat almal weet jy is op dertienjarige ouderdom deur die skrywerspredikant verkrag?

      Weet jy hoe dit vir ‘n seun voel wat deur ‘n man verkrag / gemolesteer is? Jy het geen idee nie. Jy voel so bang; jy dink iets is fout met jou; jy twyfel aan jouself en wonder waarom het hierdie man juis vir jou gekies – is dit omdat jy meisie-agtig lyk; is dit omdat daar iets fout is met jou? Waarom het jy nie opgespring en weggehardloop of hardop gegil nie; nee jy het net stil gebly, want jy was letterlik stom vir daai tydperk wat die daad plaasgevind het.

      • Hallo Christo,

        Dis vreemd hoe ‘n klomp mense kommentaar kan lewer wat dalk nooit self gemolesteer was nie. Hulle kan nie verstaan waardeur ‘n gemolesteerde kind gaan en die lewenslange vonnis wat jy onverdiend uitdien as grootmens nie. Min verstaan die vrees dat jou woord in twyfel getrek sal word, want jy kon ‘n sogenaamde “probleemkind” gewees het. Gestel nou Johan praat die waarheid, wie sou hom destyds geglo het? En om as volwassene deur ‘n hofgeding te gaan is erg vernederend. Jou getuienis word deur prokureurs vir die verdediging uitmekaar getrek en moet jy jouself verdedig terwyl jy inderdaad die slagoffer was van ‘n walglike daad. G’n wonder dan dat slagoffers die media verkies om dit te openbaar nie,

        Daar is egter ook ‘n ander sy en dit is moontlik dat Solly Osrovech onskuldig kan wees. Die hof moet daaroor beslis, maar indien hy wel skuldig is, hoe hanteer ‘n mens dit? Ek self het 12 van sy boeke op my boekrak en gister- oggend was ek kwaad vir myself, want dis my skuld dat ek hom en ander mense tot die status van held (iemand na wie jy opkyk) verhef het.

        Nadat ek al die kommentaar hier gelees het, het ek besef dat dit nie help nie om God, die Bybel en mekaar te beswadder nie. Ons is almal mense met voete van klei en die hart is bedriegliker as enigiets wat bestaan. Wie van ons sal nie ‘n leuen vertel om onsself uit die moeilikheid te help wanneer dit nodig is nie, net om agterna te besef hoe hol die leuen is en hoeveel jy walg omdat jy gedaal het tot so ‘n lae vlak, mits jou gewete nie afgestomp is nie.

        Dankie dat jy so goed verwoord het waardeur gemolesteerde persone gaan. Ek het nooit werklik verwerk wat met my gebeur het nie, nieteenstaande 3 sielkundiges se hulp nie, maar ek probeer my lewe so goed as moontlik leef. Ek vertrou egter niemand, want ek was in die steek gelaat deur “grootmense”, welsynwerkers, sielkundiges en mense wat veronderstel was om vir my lief te wees en te glo wat ek vir hulle vertel het. Dit het jare geneem om net te verstaan dat dit nie my skuld was nie, hoe kan ‘n 6-jarige kind immers aanspreeklik wees vir wat met haar gebeur het? Daardie jare het 40 jaar later eers gekom. Ek is een van die gelukkiges, want ander gemolesteerdes wat ek ken se lewens is verwoes. Hulle bestaan, maar leef nie werklik nie.

      • Ons land het ‘sadly’ agtergebly, waar in ander lande daar al vryelik gepraat kan word oor sulke tragiese situasies en mense met deernis reageer, ontken soveel nog in SA die groot werklikheid en die geweldige pyn wat daarmee saam gaan!! Ek het die grootste respek vir diegene wat die stilte verbreek, dit verg baie moed! Moet asb. nie ophou, en weet dat julle nie alleen is nie! Sterkte

  23. Sjoe! Sommige van hierdie lesers is darem low class. Een ding is seker, die Here is oppad terug aarde toe en elke knie sal buig. Solly en Johan het dalk minder gebed nodig as van die lesers. Sterkte vir beide van hulle.

  24. Een ding wat mense nie verstaan nie is: Predikante/Pastore/ Christene is slegs die boodskappers, nie die Boodskap nie. Genadiglik. Almal is mense met tekortkominge. Waarom Christenskap aanval weet ek nie. Laat reg en geregtigheid dan geskiet. As dit waar is moet Ds Solly dit bely, dit sal hom en Johan bevry. Sal ek minder van Ds Solly dink? Nee, ek sien net God se genadeplan wat in sy lewe gemanifesteer het. Alle bekeerde Christene het ‘n verlede, op een of ander manier, dit is genade wat ons daarvan verlos. Laat die wat sonder sonde is,die vinger wys.

    • Hy is “n vieslike ou omie …. en ek weet waarvan ek praat!!!!!! sies man, seksuele wanaanpassing!!!!!!!! en ontkenning???? ag shame!!!!

  25. Ek wonder, al hierdie mense wat se gretig is om te vra, hoekom 50 wag om iets te se? Is julle al ooit gemolesteer. Ek is, en ek kan vir julle se tot die dag wat ek doodgaan sal daar nie n woord daarvan oor my lippe gaan nie. Twintig jaar na my molestering loop ek nog in stilte daarmee en ek sal nooit die man kan konfronteer wat dit aan my gedoen het nie. Wie is julle om hierdie man Johan van leuens te beskuldig. Hy het meer moed as wat julle ooit sal besef. Ek haal my hoed af vir enige een wat bereid is om hulle self so aan die lelikste opinies van die wereld bloot te stel. En indien julle wonder, ek is ook n christen, passievol. Dis weet ek christenskap gee jou nie n vryspraak om soveel sonde te doen as wat jy wil nie. Kom ons vergeet nie lewens verwoes nie.

  26. Ja nee kyk, die taalgebruik…onvanpas. My hart is ook seer oor die aangeleentheid en ek voel ook Ds Solly se hoë jare in ag genome, meer sensitiwiteit deur Huisgenoot aan die dag gelê kon word, ipv ‘n lelike, sappige storie daarvan te maak. Hoekom kom die ou NOU eers te voorskyn, na soveel jare. Ek kies ook om standpunt in te neem teen die aantyging, en my empatie, deernis en meelewing gaan aan Ds en sy vrou. Mag julle ons Vader se troosvolle nabyheid in hierdie moeilike tyd baie intens ervaar.

    • Elna ….. Indien dit waar is voel ek werklik vrede vir die “Oom” se afkraking.
      Jy het duidelik geen idee van hoe die dinge werk nie. Die “ou” het baie redes om nou eers “uit te kom”. Gaan doen navorsing oor molestering dan praat ons weer.

  27. Dit is naief om te glo dat molestering nie in jou eie kerk kan voorkom nie. Die grootste hartseer van molesteringsake is juis dat molestering baiekeer voorkom by magtige mense van wie jy dit die minste verwag. Glo my ek ken persoonlik mense wat deur daardie soort hel is, niks is so erg as jy weet niemand sal jou glo nie. Wat nog as dit ‘n kind is wat daardeur moet gaan? En om 50 jaar te wag voor jy kans sien om te praat daaroor is glad nie so vreemd nie, die trauma is eenvoudig so groot. Mense wat nie self daardeur is of die pyn van gemolesteerde familielede ervaar het nie moet liewer stilbly, die lewe het nogal ‘n manier om jou terug te klap en jy sal eendag onthou wat jy in jou grootheidswaan kwytgeraak het. Kyk maar hoeveel sake is die afgelope jare in die Katolieke Kerk oopgevlek. Waarom is die NG kerk dan nie ook kwesbaar vir die soort ding nie? Vanuit ‘n statistiese oogpunt is ek dus glad nie verbaas nie. Ek stem nie altyd saam met Huisgenoot nie maar ek het beslis respek vir hulle dapperheid om die soort dinge by die naam te noem. Hulle sal beslis nie hulle deure toemaak nie.

    • ‘n Goeie gebalanseerde respons. Ek stem saam, ‘n kind is ‘n weerlose wese, en ‘n weeskind is eers weerloos. Mense wat gemolesteer is, kom nie maklik na vore nie, juis omdat hulle die reaksie van hulle medemens vrees.

  28. The allegations against Rev Solly Ozrovech can only be described as an attack against a man who is truly a MAN OF GOD. I knew reverend Solly at the time that these allegations were purported to have taken place, when we were at the Ugie Orphanage some 50 years ago. There is no way that there can be an element of truth in them. This MAN gave his life to the children of Ugie orphanage. The allegations made by this person who does not give his name, bears out the epitome of cowardice. Let him disclose his name, we will know who he is.
    For a few years of my life, between the ages of 7years to possibly 13 years, I was at the Ugie orphanage, and gained high respect and regard of this MAN. This has only increased over the years.
    I certainly pray for peace for Dr Solly, Mrs Ozrovech, Francois and the other children and close family and friends, may our God strengthen all of them in this time. I rest assured that God knows the truth, and that I have no need to defend Dr Solly.

    • I totally agree ,sir , that was the first thing ,that came up in my mind , a Man of God…being attacked at the end of his days …..(service to the Lord )

    • Would you like the world to know you were abused? It will affect your children plus your grandchildren and your entire family if he exposes himself to themedia.
      The truth WILL PREVAIL!!!!!!!!! There is nothing hidden that will not be revealed.
      There is nothing kept secret that will not come to light.

    • Because if u were in his position and understand abuse,which clearly u don”t understand,as a victim u try NOT to deal with the pain.Many people die with out confronting the abuser.You feel u have no voice<secondly who's going to listen.But as you develop emotionally which could be any age,,,,u take a brave step in ur own healing process, confronting ur own fear and the person that violated u.This takes looking deeply at ur life,most people hate emotional pain so run in the opposite direction.Very sad situation.

  29. Kyk maar na Huisgenoot se syfers die afgelope paar jaar.Enige storie,of daar meriete is of nie, om net weer mense aandag te trek en syfers weer op te kry.Al sou Oom Solly ook sy onskuld bewys,sy reputasie het n ernstige knou weg.

  30. God weet die volle waarheid in die saak ek bid dat Hy die waarheid ontbloot. God se genade is genoeg vir jou en my en ook so vir Johan en Solly. God kom die oordeel nie nie ons mense nie.

  31. Hg,ek dink ook dit was ni nodig om so n sensaionele voorbladsrorie hiervan te maak nie! Oor die klag…ja,ek dink net di rede hoekom Johan nou eers praat…dit kon ni maklik gewees het om daaroor te praat nie! En in n kinderhuis,is daar ni backup vir n kind nie..dis elkeen vir homself!!

  32. As hierdie aantygings eerlik en gegrond is is dit een van die grootste hartseer gebeure denklik Maar daar is tog iets wat my pla. Huisgenoot kan mos maklik agter die kap van die byl kom. Daar moet tog welsyn verslae wees van johan en die rede waarom hy in die weeshuis geplaas was. Hy se sy pa het hom nooit gemolesteer nie dit kan vasgestel word uit die verslae. Hy se daar was ook ander seuns betrokke, laat hy hulle op die name noem, ek is seker hulle kan nog opgespoor word deur die joenaliste wat so gretig is om sollie vas te pen. …n mens is tog onskuldig tot andersins bewys…hoekom 50 jaar wag…daar was en sal altyd maatskaplike werkers wees ,asook onderwysers wat jy in jou vertroue kon neem …iets se vir my sensasie en nie goeie navorsing het hierdie hele tragiese saak aangejaag…willie

  33. P.s. Please do not be so quick to always condemn the so-called “Christians” – remember the Words, let him who is without sin cast the first stone!! I am not making excuses for the present case, if Solly is guilty then so be it, he will be held accountable, also, the good that Christians do are never mentioned!! A true Christian do not judge others on here-say, we commit situations in prayer.

  34. I was most surprised when I was reading the cover of Huisgenoot this morning whilst out shopping. I am currently using The Power of Prayer and Grace for each Moment both written by Solly and I find much inspiration from these notes. I hope this acuasation is not true – alas, should it be, then all that is done in the dark will be revealed in the light! Just be careful as we “all” live in glass houses. Let the truth be revealed I hope it causes not much sorrow.

    • Jammer om te sê, maar die dominee ontken nooit in sy briewe aan Johan dat hy skuldig is nie! Hy vra aanhoudend om verskoning……vir wat nogal? Die verwysings na sy seksuele verhouding met sy vrou vind ek uiters onsmaaklik en onvanpas vir n man van sy “integriteit”. Die eerste woorde uit sy mond moes wees:” Ek het dit nie gedoen nie, jy lieg!”
      Dan sou ek hom glo.

      • Reageer ‘n kind van die HERE, soos jy wil he hy moet. praat die here met ie woorde wat jy gebruik?

      • Elizabeth, jy swaai jou septer van “geregtigheid en vrome christelikheid” hier rond asof jy uitverkies is om lewendig op te vaar hemel toe! Ons spreek almal ons opinies hier uit en het jou nie nodig om ons op die vingers te tik nie. Gaan hou sondagskool as jy lesse oor christenskap wil gee.

      • Ek stem saam met jou, ek het jare in kinderhuis gewerk, 2 gade, en hierdie ou praat nonsens ……. hy het “Johan” gemolisteer …….. hy is “n vieslike ou man en hy is nie onskuldig nie !!!!!!!!!!! hy kan net nie homself bring om dit te er eken nie ………..sies Solly , jy weet jy is skuldig en jou arme vrou is so onskuldig ……. ek het dit soveel gesien in ……… ek mag nie se nie!!!!!!

  35. My mother and father in law were house parents at the Ugie orphanage while Solly Ozrevech was there. My husband is 62 years old, he was staying in the home. I have only heard good things about this man. I have not read the article and I’m wondering why this “Johan” waited so long when in the last 20 years people have been coming out into the open about these things. I pray the truth will come out. It seems Huisgenoot, a known sensation magazine, was quick to print this.

  36. Ozrovech se antwoord op die e-pos ‘n “dead give away” Jammer vir sy vrou maar glo sy het dit ook vermoed. Ek praat uit ondervinding was genadiglik nie met hom getroud. Glo daar is heelparty van hierdies wat nie meer gerus slaap met die wete dat hul geraamtes na jaaare uit die kas kan spring.

  37. I am astounded and devastated at these claims. However “Johan’s” story resonates “truth” in my heart. We have been avidly reading Solly’s daily devotionals for more than a decade. The disappointment and disillusionment is great. The only way he can gain any ground again would be to confess and seek God’s forgiveness.
    Apologise to the victim – he owes him (them) that. In all likelihood this is a circle of abuse often found in those who have been molested!

  38. Dis lankal bekend dat Huisgenoot ‘n bloed en pensmis-tydskrif is wat van sensasie-artikels gebruik maak om te oorleef. k@k wat ek in my huis nie toelaat nie! My afgryse en skok in julle lae karakterlose uitbuiting van gegewens om die gemors blad verkoop te kry is walglik.Dit skok tot mens se diepste wese! Julle is myns insiens laer as slangkak!!! Julle moes die eerbare ding gedoen het en die kranksinnige vloek weggejaag het toe hy met dié storie by julle aangeklop het. Bliksemse skuim!

    • Having read the article, including the emails sent back and forth by Johan and Solly, I am sure an injustice was done here. My thoughts are that Solly, who himself was abused, became the abuser. Do not judge any abused person whether it be Solly or Johan. Solly an orphan child would more than likely have been terribly unhappy about this treatment being forced upon him, by supposed caring housemasters. The sodomy and deceipt would have been difficult and confusing for any child/boy to make sense of or challenge – they may then resign themselves that it is acceptable if kept secret. I feel “Johan” should also not be too harsh on Solly, Johan obviously broke the chain of abuse, thank GOD for that wisdom and strength, Solly was not able to. No two people are alike.

    • Ek hoop die absolute walglike storie was die laaste spyker in die spreekwoordelike doodskis van HG…….julle is net sensasie behep en gaan alles net oor geld. Julle en “Johan” is gemors man……Ek weier om ooit weer HG te lees. Hierdie was die laaste strooi. Oom Solly, ek bid jou alle sterkte toe en mag onse Liewe Vader jou dra in die tyd. Jy was nog altyd net vir my ‘n groot inspirasie gewees. Cassie Calitz

      • Sjoe Cassie, wees versigtig – jy is nie God nie maar dink jy weet sommer wie skuldig is en wie nie. Ja ek voel ook huisgenoot/you is ingestel op sensasie en dis nie lekker om enige mens te sien “val” nie, maar soms is dit al manier om ongeregtighede te ontbloot en stop te sit.

      • Fransie, jy ook nie, was jy daar het jy gesien wat gebeur het? jy maak ‘n veronderstelling! Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi!

      • Cassie kom ons praat openlik julle Christene se geloof pas by julle omstandighede dit is genoeg om enige mens siek te maak as jy kan verstaan en begryp wat jy lees sal jy sien die omie vra reeds verskoning as hy dan sodanig niks verkeerd gedoen het nie hoekom ag hy homself waardig om op die man se boodskappe te reageer, watter voordeel sou daai Johan he om so iets uit sy duim te suig, kom ons gaan verder niks sou Solly keer om n interdik te kry teen die Johan man en Huis genoot nie, wat sou jy maak jou kind kom vertel jou so iets sou jy dieselfde reageer? As die skrywer omie dan so seker is kom ons doen n poligraaf op altwee, moet nie huisgenoot die skuld gee vir sensasie soek nie as dit die waarheid is moet die wereld daarvan weet of moet nog onskuldige mense so iets aangedoen word, julle Christene dien n god wat nie werklik n god is nie(Jesus), maar die werklike Skepper wat hierdie aarde al biljoene jare instand hou word afgeskeep word afgemaak as iemand wat jou maat is en asseblief moenie met die sot storie kom en se Jesus het gekom en gesterf vir ons sondes nie, die Skepper wat alles self kan doen het ag niemand belangrik genoeg om ander se sondes te vergewe nie, die lewe werk nou maar een maal so dit wat jy verkeerd doen sal openbaar word maak nie saak wat en hoe lank dit vat nie, jy sal die prys betaal, en nog iets wat ek jou graag wil meedeel die mense wat die bybel geskryf het glo ek was almal n klomp mal daggarokers wat gehalusineer het en n klomp bog neer geskryf het, my God en Skepper is n God van liefde, Hy is n God wat die planet biljoene jare al instand hou en Hy het nie daggarokers nodig gehad om Sy doen en late te probeer beskryf nie, en nog iets al hierdie kamstige dominees en pastore is almal n klomp idiote wat te sleg is om te werk. Cassie huisgenoot het nie jou geld nodig nie, gaan na oom Solly dat h jou ook kan service

      • Ek stem saam Cassie, ek koop nie daai gemors nie. As dit waar is sal ‘n hofuitspraak dit mos bewys. Tot dan, moenie oordeel nie. Enige iemand kan ‘n vieslike storie aan Huisgenoot verkoop vir baie geld, hulle raap vieslike stories op soos soetkoek.

      • Dit bewys net weer hoe die vyand, baie verder dink , en die spiraal van skade aan die Christendom doen , dis nie net arme oom Solly wat hier seerkry nie , die hele Christendom ly skade, want jong christene wat oom Solly se boeke van inspirasie gekoop en gelees het , ly nou ook daaronder , ek se nie oom Solly is skuldig nie , geensins nie,maar die effek wat hierdie beweringe het is baie GROOTER as net ,skade aan oom Solly …..ons christene sal moet bid teen sulke aanslae !!!!!

        ons MOET ons beskerm teen sulke aanslae , dis net van die vyand , niemand anders !!!!, die wereld houons christene dop , met fyn (skerp )oe

    • Ek stem saam. Huisgenoot is baie sleg vir ‘n land se moraal, ek laat dit nie in my huis toe nie.
      Daar is tog soveel positiewe dinge om oor te berig maar nee, hulle soek sensasie, verkoopsyfers, ten alle koste. Miskien moet hulle ‘n ander redakteur kry?

    • Hoe swaarder dit gaan met huisgenoot,moet hulle sulke sensasie publiseer om te oorleef. Die gemors.Dr Sollie sou dit nooit gedoen het nie. Ek wil Afrika nooi weer sien nie. Ek is al 15 jaar daar weg.

Leave a comment, and join the conversation...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s